ROLF GÜTH: Die Marine des Deutschen Reiches 1919-1939

Authors

  • Jan Ploeger Staatshistorikus

DOI:

https://doi.org/10.5787/3-6-955

Keywords:

Duitse Ryksmarine [Reichsmarine], Duitse Krygsmarine [Kriegsmarine], verdrag van Versailles, Adm. Erich Raeder

Abstract

In hierdie publikasie is beskryf op watter wyse die Duitse Ryksmarine [Reichsmarine] wat op 1.1.1921 gestig is en vanaf 21.5.1935 as die Duitse Krygsmarine [Kriegsmarine] bekendgestaan het, feitlik binne 'n tydperk van twintig jaar tot 'n weermagsdeel uitgegroei het wat deur sy slaggereedheid die verbasing en verwondering van die toenmalige eersterangse seevarende moondhede verwek het. Voordat daar kortliks op hierdie ontwikkelingsgang ingegaan word, is dit van belang om die skrywer se gebruik van die woord en begrip marine, in teenstelling met vloot, te verduidelik. Kapt. GOth Ie, in hierdie verband, die nadruk op die volgende: Volgens sy sienswyse bestaan die seestrydkragte van 'n land uit die volgende komponente: Die vloot, die ondersteunings-en hulpvaartuie en die onderskeie inrigtings en verdedigingswerke op land. Dit, aldus dieselfde skrywer, in teenstelling met die Britse gebruik van die woord en begrip navy, terwyl hy andersyds opmerk dat die Franse en Duitse woordgebruik en begripsinhoud ooreenkom [p.16].

Downloads

Download data is not yet available.

Downloads

Published

2012-02-28

How to Cite

Ploeger, J. (2012). ROLF GÜTH: Die Marine des Deutschen Reiches 1919-1939. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 3(6). https://doi.org/10.5787/3-6-955

Issue

Section

Book Reviews

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 6 7 8 9 > >> 

Similar Articles

<< < 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 > >> 

You may also start an advanced similarity search for this article.