Neither Calendar Nor Clock: Perspectives on the Belhar Confession

  • Helené Van Tonder

Abstract

In die boek word die Belydenis van Belhar (geplaas in) 'n wêreld baie groter as die Suid-Afrikaanse gemeenskap van gereformeerdes in die 21ste eeu. Hierdie wêreld word deur die vier dele van die boek geskets: tradisie, belydenis, resepsie en kontemporêre belangrikheid. Hierdie skopus maak van die Belydenis van Belhar iets (konkreets?) wat die verlede, hede en toekoms aan mekaar bind. Naudé se genuanseerde bespreking van die Belydenis van Belhar deur hierdie vier dele is 'n oortuigende argument dat dié Belydenis 'n verbintenis tussen verlede, hede en toekoms is waarsonder ons nie kan klaarkom nie. Om die wêreld waarvandaan ons kom, waarin ons leef, waarvoor ons te staan kom te verstaan en om daarin oor die weg te kom het ons die Belydenis van Belhar nodig – nie as 'n artefak uit die verlede nie, maar juis as 'n belydenis.
Published
2013-11-18
Section
Book Reviews