Led into Mystery: Faith Seeking Answers in Life and Death

  • Gys Loubser

Abstract

Daar is baie outeurs wat persoonlike ervaring as wysheid aanbied. Hierdie outeurs ontbloot die innerlike wense van lesers wat smag na outentieke ervaring. John de Gruchy is nie een van hierdie outeurs nie. In sy nuwe boek Led into Mystery: Faith Seeking Answers in Life and Death vertel hy hoe wysheid hom help om van persoonlike ervaring sin te maak. De Gruchy nooi die leser uit om saam met hom na die insig van ander te luister in die hoop dat hulle ʼn outentieke verstaan van misterie sal ontbloot. ʼn Misterie wat selfs ʼn gesoute teoloog tot herbesinning roep.
Published
2013-11-18
Section
Book Reviews