Die vrese van ons vaders

  • Anita Cloete PRAKTIESE TEOLOGIE EN MISSIOLOGIE, FAKULTEIT TEOLOGIE, STELLENBOSCH UNIVERSITEIT
Keywords: Geloof, onderrig en die Afrikanerkind, H Pietersen, Griffel Media, godsdiensonderrig in skole, godsdiensvryheid, die verhouding tussen wetenskap en geloof

Abstract

Die boek fokus op die plek en rol van godsdiensonderrig in skole in die konteks van godsdiensvryheid as deel van 'n demokratiese bestel in Suid-Afrika. Die skrywer betoog teen die behoefte van veral die wit Afrikaner om Christelike godsdiens te gebruik om hulle te onderskei en te isoleer van ander. Christelike godsdiens word dus gebruik om te diskrimineer teen ander wat anders glo of ongelowig is. In dié sin gaan dit dus nie soseer oor die Bybel nie, maar eerder oor die beskerming van godsdiens as magsbasis om die belange van die Afrikaner te beskerm as die sogenaamde uitverkore volk. Godsdiens in skole word dus as 'n politieke wapen gebruik in 'n demokratiese bestel, waar alle mense ongeag ras, klas en godsdiens, regte het wat erken en beskerm moet word. Hierdie poging word ten sterkte teengestaan aangesien dit veral onvanpas is binne 'n demokratiese regeringstelsel.
Published
2012-05-15
Section
Book Reviews