OP DIE WYSE VAN VADER JAKOB

Authors

  • Editorial Team Militaria Militaria

DOI:

https://doi.org/10.5787/8-4-770

Keywords:

Suid-Afrika 'slaap', John Burke

Abstract

Broeder Andrew, 'n bekende evangel is, het by geleentheid Suid-Afrikaners beskuldig dat hulle 'slaap'; dat Suid-Afrika 'slaap'. In die verhaal Exodus skets die skrywer die ontnugtering van die Joodse kinders wat die hel van die Duitse konsentrasiekampe beleef het. Hy merk ook op dat die oorgrootte meerderheid volwassenes meen dat rampe en teenspoed hulle nie sal tref nie maar eerder iemand anders - hierdie Joodse kinders het egter die teendeel beleef. In hierdie twee stellings Ie die hele tragiek van die situasie waarin Suid- Afrika hom tans bevind. Tye is besig om te verander: die felheid van die aanslag op Suid-Afrika neem toe maar ons 'slaap', gesus deur die geloof dat die gevaar ver van ons af is - op ons grense maar nie hier by ons; in ons mooi land waar drinkwater skoon is, waar 'n mens nog vry kan asemhaal en waar witbrood klaar gesny verkoop word nie. Voorwaar, 'n skreiende teenstelling met die beeld van die Joodse kinders wat reeds op 'n jeugdige leeftyd, ontnugter is.

Downloads

Download data is not yet available.

Downloads

Published

2012-02-28

How to Cite

Militaria, E. T. (2012). OP DIE WYSE VAN VADER JAKOB. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 8(4). https://doi.org/10.5787/8-4-770

Issue

Section

Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 > >> 

Similar Articles

1 2 3 4 5 6 > >> 

You may also start an advanced similarity search for this article.