V.I. Romeiko Gurko: Van militêre attaché tot generaal aan die Oosfront

Authors

  • C. De Jong Ekonomiese Geskiedenis, Universiteit van Suid-Afrika

DOI:

https://doi.org/10.5787/21-1-351

Keywords:

V.I. Romeiko Gurko, Vassilii Iosefovich Romeiko Gurko, militêre kollege ("Corps of Pages"), Anglo-Boereoorlog, Generale Staf

Abstract

Van al die militêre attachés wat die Anglo-Boereoorlog aan Britse en Republikeinse kant gedien het, was die Rus V.I. Romeiko Gurko die militêr wat in sy latere lewe die hoogste rang bereik het. In die Eerste Wêreldoorlog was hy tydelik Hoof van die Generale Staf aan die front in Oos-Europa. Sy loopbaan was net so indrukwekkend as die van sy vader, losef Vladimirovich Romeiko Gurko. Laasgenoemde is in 1828 gebore te Mohilev, het in 1846 sy graad behaal aan die militêre kollege, "Corps of Pages", en as husaar in die keurkorps die keiserlike garde gedien. Hy het bestuursposte van belang beklee en hom onderskei in die Russies-Turkse oorlog, 1877 - 78. Hy voer die ruitery aan tydens die langdurige beleg van die stad Plevna in Bulgarye. Hy trek met 70 000 soldate in Desember 1877 oor die Balkanberge. Dit was winter en die tog was baie moeilik, vergelykbaar met Napoleon se tog oor die Alpe. Hy het daarna die Turke 'n paar maal verslaan en Adrianopel beset. Na die oorlog was hy onder meer goewerneur van enkele groot stede. By sy aftrede in 1894 is hy tot veldmaarskalk bevorder. Hy sterf in 1901. Voorwaar 'n mooi loopbaan, maar sy tweede seun, Vassilii, sou nie by hom agterstaan nie.

Vassilii (Engels: Basil) losefovich Romeiko Gurko is gebore op 20 Mei (Russiese datum 8 Mei) 1864 en het in 1885 sy graad behaal aan die militêre kollege ("Corps of Pages") en in 1892 aan die akademie van die Generale Staf sy kwalifikasie behaal. Hy was vlot in Engels, Frans en Duits. In 1899 word hy luitenant-kolonel by die kavallerie.

Downloads

Download data is not yet available.

Downloads

Published

2012-02-21

How to Cite

De Jong, C. (2012). V.I. Romeiko Gurko: Van militêre attaché tot generaal aan die Oosfront. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 21(1). https://doi.org/10.5787/21-1-351

Issue

Section

Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 > >> 

Similar Articles

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 > >> 

You may also start an advanced similarity search for this article.