Die verskille tussen Koue Oorlog en post-Koue Oorlog strategiese denke
DOI:
https://doi.org/10.5787/31-1-145Keywords:
strategiese denke, Koue Oorlog, post-Koue Oorlog, geo-politieke posisie, Brzezinski, laaste Europese oorlog, internasionale veiligheid, Europese (koloniale) moondhedeAbstract
Hierdie artikel het ten doel om die belangrikste verskille in strategiese denke tydens die Koue Oorlog en post-Koue Oorlog uit te lig. Die bespreking word gedoen teen die agtergrond van wat Brzezinski I beskryf as 'the three grand transformations' van hierdie eeu. Die eerste transformasie is deur die ineenstorting van die magsbalans in Europa en die beeïndiging van Europa se bepalende geo-politieke posisie in die wereld, teweeg gebring. Die 'Eerste Wereldoorlog' was in wese die laaste Europese oorlog wat deur belangrike globale Europese (koloniale) moondhede geveg is. Dit het op 'n poging uitgeloop om Europa, en indirek die res van die wêreld, op 'n nuwe beginsel te organiseer: die oppergesag van die nasiestaat. Deur nasionalisme het hierdie beginsel nuwe stukrag aan politieke emosie verleen. Dit het gevolglik nie daarin kon slaag om intemasionale veiligheid te verseker nie.
Downloads
Downloads
Published
How to Cite
Issue
Section
License
Copyright on all published material in Scientia Militaria: South African Journal of Military Studies rests with the Faculty of Military Science (Military Academy), Stellenbosch University.
